Voogdy Trust is in die Bolandse dorp Stellenbosch geleë. Hennes Louw, wat tot 9 Mei 2022 aan die stuur was, was van 1998 tot Junie 2012 ’n volwaardige belastingvennoot in PwC. Nadat die reëls oor die onafhanklikheid van ouditeure dit onmoontlik gemaak het om die bedryf binne PwC voort te sit, het Voogdy Trust die besigheid by PwC gekoop en bedryf dit tans vir sy eie rekening. Samewerking met PwC en verskeie ander rekenmeesters is steeds op gesonde vlak, met ’n wedersydse benutting van vaardighede.
Voogdy Trust het sy boedeladviesdienste op 1 Julie 2012 begin bedryf. Ons doelwit is om aan ons kliënte professionele en kundige advies te gee ten einde so ver moontlik welvaartbelasting binne die bepalings van die wet te beperk en gemoedsrus te verseker dat hulle boedelsake in orde is. Ons poog om dit te bereik deur gespesialiseerde en professionele kennis en ervaring aan ons kliënte te bied en hulle van persoonlike diens en aandag te voorsien.
Hennes Louw was ’n integrale deel van die onderneming en Voogdy Trust strewe daarna om die erfenis wat hy nagelaat het met trots voort te sit en uit te bou.
Besoek ons by:
Blok A, 2 de Vloer, De Wagenweg Kantoorpark
Stellentiastraat, Stellenbosch, 7600
Besoek ons by:
Blok A, 2 de Vloer, De Wagenweg Kantoorpark
Stellentiastraat, Stellenbosch, 7600
Kontak Ons:
Telefoon: 021 861 3100
E-pos: admin@voogdy.co.za
Kontak Ons:
Telefoon: 021 861 3100
E-pos: admin@voogdy.co.za