Ilse Koch

Ilse Koch

Ilse het haar BIuris LLB-graad aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat behaal.

Sy het haar loopbaan in 1990 by die Meester van die  Hoë Hof in Kaapstad begin, waar sy ses jaar lank werksaam was. Nadat sy weens familieverpligtinge haar professionele loopbaan op ys geplaas het, het sy weer in 2005 die geleentheid aangegryp om haar loopbaan te hervat deur by PwC Stellenbosch ’n betrekking te aanvaar. Sy het in die boedelafdeling van PwC saam met Hennes gewerk, tot sy in Julie 2012 die uitdaging by Voogdy Trust saam met Hennes en Jacoba aangepak het.

Ilse het in Mei 2022 die leisels as besturende direkteur van Voogdy Trust by Hennes oorgeneem. Sy dien as trustee op verskeie trusts, met die mandaat om die kontinuïteit tussen die geslagte en die bestuur van welvaart te bewerkstellig en oorbrug.

Jacoba Alberts

Jacoba het aan die Universiteit Stellenbosch studeer, waar sy in 1999 haar BCom (Regte)-graad en in 2001 haar LLB-graad behaal het. Sy het daarna haar loopbaan by PwC Stellenbosch se boedelafdeling begin.

In 2005 het sy haar studies hervat en in 2006 het sy haar LLM-graad deur UNISA behaal, waar sy deeltyds studeer het. Na 10 jaar se diens by PwC sluit sy in 2012 saam met Ilse by Hennes en Voogdy Trust aan.

Batjah Nel

Batjah Nel

Batjah het haar BCom (Regte)-graad in 2004 en haar LLB-graad in 2011 deur UNISA behaal terwyl sy voltyds by regsfirmas in Sannieshof, Pretoria en Bloemfontein gewerk het.

Sy is in 2011 as prokureur, in 2018 as aktebesorger en in 2019 as notaris toegelaat. Haar klerkskap is voltooi in Kokstad, KwaZulu-Natal, en daarna was sy in diens van Elliot & Walker Prokureurs in Kokstad.  Sy was vanaf 1 Maart 2012 tot 31 Desember 2023 ’n vennoot by die regspraktyk, waarna sy en haar gesin Paarl toe verhuis het.  Batjah het die firma se boedelafdeling geadministreer. Sy het op 1 September 2024 by Voogdy Trust aangesluit.

Anja Venter

Anja het aan die Universiteit van Pretoria studeer, waar sy in 2017 haar graad in Musiek en Sielkunde behaal het.  Haar skerp oog vir administrasie en haar besondere aandag aan detail het haar na ‘n loopbaan as regsassistent gelei.

Sy het in Pretoria ondervinding as ’n administrateur van bestorwe boedels en aktesekretaresse opgedoen. Anja se passie vir administratiewe werk en haar liefde vir die regsveld het haar in Mei 2024 na die Voogdy Trust-span gelei, waar sy boedeladministrasie doen.

Anja Venter

Anja Venter

Anja het aan die Universiteit van Pretoria studeer, waar sy in 2017 haar graad in Musiek en Sielkunde behaal het.  Haar skerp oog vir administrasie en haar besondere aandag aan detail het haar na ‘n loopbaan as regsassistent gelei.

Anja Venter
Esmerelda Simpson

Esmerelda Simpson

Esmerelda het gedurende Augustus 2024 by ons span aangesluit en beklee die posisie van kantoorbestuurder. Sy het gedurende 2000 ’n Sekretariële Diploma aan Boland Kollege in die Paarl verwerf, waarna sy aanvanklik as administratiewe beampte gewerk het en later ’n pos as debiteureklerk by ’n prominente prokureursfirma in die Paarl aanvaar het.  Haar organisatoriese vermoëns en besonderse menseverhoudings is ’n aanwins vir Voogdy Trust.

Bouwe Wiersma

Bouwe het sy BCom (Regte) en  LLB-graad aan die Noordwes-Universiteit (Pukke) verwerf. Hy het sy klerkskap in die Paarl voltooi en is in 2024 toegelaat as Prokureur en Notaris.

Na voltooiing van sy klerkskap het Bouwe waardevolle ervaring opgedoen in kommersiële reg, trustreg, boedelbeplanning, belastingreg en kommersiële litigasie, met praktykervaring in sowel die Paarl as Kaapstad.

Hy het as belastingpraktisyn geregistreer in 2026 en is tans goed opdreef om in 2026 sy MCom-graad in Belasting aan die Universiteit van Stellenbosch te verwerf.

Bouwe Wiersman Voogdy Trust

Chané van Zyl

Chané van Zyl

Chané het haar LLB-graad in 2023 aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom verwerf. Na afloop van haar studies het sy haar klerkskap by ’n regsfirma in George voltooi, waar sy praktiese ondervinding in verskeie regsaspekte opgedoen het. Gedurende hierdie tyd het sy ’n besondere belangstelling ontwikkel in die spesialisering van die bereddering van bestorwe boedels.

Sy is sedert 2025 ’n toegelate prokureur en beskik oor ’n deeglike begrip van boedeladministrasie. Chané benader haar werk met noukeurigheid, professionaliteit en ’n sterk fokus op die doeltreffende afhandeling van boedels.

07/11/1957 – 09/05/2022

Hennes Louw

Hennes sal altyd onthou word as die  patriarg van die onderneming. Sy kennis en ervaring van meer as 30 jaar in boedeladviesdienste het hy nie net met sy kollegas in Voogdy Trust gedeel nie, maar ook graag met sy kollegas in die bedryf daarbuite. 

Hennes het oor besonderse mensekennis beskik en het die vermoë gehad om die mees plofbare familiesituasies met sy humorsin en flair te ontlont. 

Hy laat diep voetspore in kliënte en kollegas se harte.

Rus in vrede.

Voogdy Trust bottom-banner 3

Besoek ons by:
Blok A, 2 de Vloer, De Wagenweg Kantoorpark
Stellentiastraat, Stellenbosch, 7600

Kontak Ons:
Telefoon: 021 861 3100 
E-pos: admin@voogdy.co.za

Kontak Ons:
Telefoon: 021 861 3100 
E-pos: admin@voogdy.co.za